Om artikels vir tydskrifte en webtydskrifte te skryf is maklik een van die winsgewendste areas vir skrywers in Suid-Afrika, of dit nou ‘n voltydse loopbaan is of as aanvulling tot jou “nege tot vyf” gedoen word.

Een vollengte artikel in ‘n gerespekteerde en gevestigde tydskrif kan tussen R2500 en R3500 lewer, afhangende van die woordtelling en fooi per woord.

Navorsing en die skryf van artikels vir jou gunsteling glans- en webtydskrifte is nie net opwindend, interessant en uitdagend nie, dit is ook iets wat jy maklik van die huis af kan doen. Boonop bied dit vir dié wat in spesifieke industrieë spesialiseer ook ‘n wonderlike manier om mense in te lig en/of meer van hul produk(te) en dienste te vertel.

Hierdie kursus bied als wat jy benodig om jouself as ‘n professionele skrywer in die plaaslike tydskrifbedryf te vestig! Jy sal gedurende die 20 skryfopdragte streng opleiding onder leiding van ‘n professionele joernalis ontvang, en met voltooiing van die kursus met twee persklaar, verkoopbare artikels wegstap.

Die Tydskrifjoernalistieke Kursus neem jou stap-vir-stap deur die prosesse waardeur elke joernalis moet gaan om tydskrifartikels te kan skryf en verkoop.

Kursusbesonderhede:

  • Modules: 11 lesse
  • Duur: Kursus kan volgens eie pas voltooi word: tussen 15 weke en 6 maande
  • Registrasie: Aanlyn by www.sawriterscollege.co.za

Studente moet die volgende voltooi:

  • 9 skryfoefeninge (vir beoordeling en terugvoer)
  • 1 navraagbrief
  • 2 vollengte persklaar artikels

Toelatingsvereistes:SAWC-Certified

  • Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik
  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang word benodig
  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie is nodig nie

Kursusopleier :

Danielle_Barfoot  Danielle Barfoot

Kursusleerplan

Module 1 – Die Genre Van Tydskrifjoernalistiek

  • Onderskei tussen tydskrifjoernalistiek en ander skryfgenres
  • Weet wat jy nodig het om as vryskutjoernalis ‘n begin te maak
  • Leer om sistematies te werk
  • Ken die elemente van tydskrifjoernalistiek
  • Kry antwoorde op die mees algemene vrae oor ‘n loopbaan in tydskrifjoernalistiek
  • Werkstuk 1: Oefen om nie-fiksie te skryf wat “wys” eerder as “vertel” (beoordelings- en terugvoertake)

Module 2 – Leer skryf

  • Ontleed ‘n tydskrif ten opsigte van inhoud, styl, formaat, invalshoek, teikenmarkte en lesersprofiel
  • Leer hoe om jou skryfwerk teen dié van ‘n geselekteerde tydskrif te meet
  • Onderskei tussen die verskillende tipes artikels wat in tydskrifte gevind word
  • Werkstuk 2: Analiseer die lesersprofiel, styl, invalshoek en formaat van ‘n geselekteerde tydskrif (beoordelings- en terugvoertaak)

Module 3 – Artikel Onderwerpe Wat Verkóóp

  • Weet waar en hoe om trefferidees te vind
  • Leer tegnieke aan om idees te kry
  • Onderskei tussen ‘n onderwerp en ‘n invalshoek
  • Bestudeer ‘n oorsig van bekende tydskrifte in Suid-Afrika
  • Werkstuk 3: Verfyn invalshoeke; Hoe om ‘n invalshoek vir ‘n artikel te identifiseer (terugvoertaak)

Module 4 – Onthulling Van Die Industrie

  • Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf
  • Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte
  • Werkstuk 4: Skryf ‘n navraagbrief vir jou geselekteerde tydskrif waarin jy alle aspekte van styl, invalshoek, inhoud en formaat vervat (beoordelings- en terugvoertaak)

Module 5 – Kry Jou Feite Reg

  • Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit
  • Leer onderhoudvoeringstegnieke
  • Kry betroubare inligtingsbronne
  • Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy
  • Werkstuk 5: Werk die struktuur van jou voorgestelde artikel uit, en maak seker van die logiese vloei van inhoud ((terugvoertaak)
  • Voer onderhoude en doen navorsing

Module 6- Die Onweerstaanbare Aanvangsparagraaf

  • Onderskei die kritiese elemente van ‘n onweerstaanbare inleiding
  • Identifiseer die verskillende tipes inleidings
  • Werkstuk 6: Skryf ‘n onweerstaanbare begin vir jou artikel (beoordelings- en terugvoertaak)

Module 7- Lyftaal Deel I

  • Identifiseer the hoofbestanddele wat ‘n artikel “lyf” gee
  • Gebruik die basiese storiestruktuur om jou artikel te beplan
  • Gebruik oorgangstegnieke en logiese vloei om leesbaarheid te vergemaklik
  • Identifiseer die faktore wat leesbaarheid beïnvloed
  • Werkstuk 7: Begin om die hoofgedeelte van jou artikel te skryf (beoordelingstaak)

Module 8 – Lyftaal Deel II

  • Identifiseer die belangrikste grammatikale-, styl- en leestekenreëls
  • Ken die reëls vir die korrekte gebruik van kwotasies en aanhalings
  • Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik
  • Werkstuk 8: Toets jou kennis van grammatika, styl en leestekens (beoordelings- en terugvoertaak)
  • Werkstuk 9: Timmer die inhoud tot perfeksie (beoordelingstaak)

Module 9 – Eindig In Styl

  • Identifiseer die verskillende slottipes
  • Werkstuk 10: Skryf die slot vir jou artikel (terugvoertaak)

Module 10 – Hoe om jou artikel te redigeer

  • Redigeer jou artikel volgens basiese riglyne
  • Verstaan die verskillende tipes dekbriewe en hoe om jou artikel in ‘n professionele wyse aan te bied
  • Betalings
  • Oorwin terugslae en skrywersblok
  • Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie
  • Werkstuk 11: Redigeer jou artikel en lê dit voor saam met ‘n dekbrief (beoordelings- en terugvoertaak)

Module 11 – Skryf vir webtydskrifte

  • Hoe artikels vir die web van tydskrifartikels verskil
  • Die gebruik van sleutelwoorde, opskrifte en hiperskakels
  • Hoe om ‘n artikel vir ‘n webtydskrif te skryf
  • Skryfoefening: Skryf ‘n 600-woord artikel vir ‘n spesifieke aanlynplatform (vir assessering en terugvoer)
NB: Let asb. op dat die kursusnotas vir Module 11 slegs in Engels beskikbaar is.
Hoe Werk die Kursus? Breedvoerige aantekeninge oor die inhoud van elke module word per e-pos aan studente gestuur, of studente kan die modules direk van die Studentesentrum se aanlynafdeling aflaai.Aan die einde van elke module word daar van studente vereis om een of twee skryfoefeninge te doen. Die kursus behels nege skryfoefeninge wat almal deel uitmaak van die studente se finale punte-uitslag. Studente moet ook een navraagbrief (300 – 600 woorde), een vollengte glansartikel (800 – 2200 woorde) en een 600-woord artikel vir ‘n webtydskrif inhandig.Wanneer die skryfoefening voltooi en aan die opleier gestuur is vir beoordeling en terugvoering, sal die module as afgehandel beskou word.Studente kan ook aanlyn aan gesprekke deelneem deur kommentaar rakende die materiaal wat in die kursus behandel word te verstrek asook met ander studente in die Gespreksforum te kommunikeer.

Registrasie vir die Tydskrifjoernalistieke kursus: Aanlyn by www.sawriterscollege.co.za

Terugvoer van oud-studente

  • “Dit was ‘n wonderlike ervaring! Die terugvoering was spoedig en uiters volledig. Die opleier was te alle tye behulpsaam en aangenaam. Sonder Danielle sou ek nie die kursus so baie geniet het nie. Sy is ‘n regte diamant van ‘n opleier. ‘n Instansie van puik gehalte!” Leandri Joubert, Tydskrifjoernalistieke kursus
  • “The course was very informative, a lot more than I expected. It definitely was a very influential learning curve for me as I began the course with no previous exposure to the writing environment.” Marchand Rossouw, Tydskrifjoernalistieke kursus
  • “Ek het die kursus baie leersaam gevind.  Die inhoud was uitdagend en baie interessant.  Danielle was van groot hulp en ek het baie by haar geleer.  Ek sien uit daarna om my eerste artikel te publiseer.” Amelia Steyn, Tydskrifjoernalistieke Kursus
  • “You have an excellent school which can offer great prospects to hard workers. My life feels more enriched with this course under my belt – at last I can earn some money through my interest in so many things.” Carin Pienaar, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
  • “An excellent foundation for any potential writer. Only the hard knocks of reality will develop skill.” Lydia Borg-Jorgensen, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
  • “Thanks for all you and your college have done to make this course possible for me. I have learned a lot and gained a new insight in writing for magazines.” Jeanene Koekemoer, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
  • “Dankie vir die goeie kursus. Ek het dit geniet en baie geleer. Die kursus het my verwagtinge oortref.” Suzan Venter, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
  • “Baie dankie vir ‘n lekker kursus! Ek het die kursus vreeslik geniet. Die inhoud was hoogs interessant en die opdragte was ’n uitdaging.” Yolandi Roets, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
  • “The course was more than I expected. You’re doing a great job.” Naomi Myburgh, Tydskrifjoernalistieke Kursus.
  • “Thanks for a great course. I really learned a lot.” Peet Steyn, Tydskrifjoernalistieke Kursus.

Registrasie vir die Tydskrifjoernalistieke kursus: Aanlyn by www.sawriterscollege.co.za

SA Writers’ College lewer sedert 2005 ‘n wye verskeidenheid aanlynskryfkursusse vir Afrikaanse skrywers onder leiding van bekroonde Suid-Afrikaanse skrywers.

Wat is die beste skryfkursus vir jou? Kontak ons hier.

SA Writers’ College bied skrykursusse aan in Gauteng (Germiston, Johannesburg, Pretoria en Vereeniging); Noord-Kaap (Kimberley, Upington en Fraserburg); Wes-Kaap (George, Kaapstad, Knysna en Mosselbaai); Oos-Kaap (Alice, Aliwal-Noord, Bhisho, Graaff-Reinet, Grahamstad, King William’s Town, Mthatha, Oos-Londen, Port Elizabeth); KwaZulu-Natal (Durban, Pietermaritzburg, Richardsbaai en Ulundi); Limpopo (Phalaborwa en Polokwane); Noordwes (Klerksdorp, Mafikeng, Mmabatho, Potchefstroom en Rustenburg); Mpumalanga (Nelspruit en Witbank); Vrystaat (Bloemfontein, Kroonstad, Sasolburg en Welkom)